'n Mooi aand in Apricale.

Dit was 'n lieflike herfsaand in die heuweldorpie Apricale, in Italië.  
Die laaste sonstrale het vir oulaas saggies die wange van die berge om ons gestreel, en die vallei was bekorend mooi.  
Jan Hendrik en Lynn het die tafel binne die Locanda feestelik gedek met my goed, linne wat ek spesiaal vir almal voor die toer laat druk het met Jan se mooi foto op.  Dit was so 'n gelukkige, spesiale oomblik toe ek daar instap en sien hoe dit lyk.
En toe het ons aangesit vir die feesmaal wat Jan vir ons berei het, met die wonderlike bestandele wat ons die oggend op die mark in Ventimiglia uitgesoek het.
Voorgereg was 'n wilde sampioen en roasted chestnut sop met gekarameliseerde sonneblomsade.  Daarna 'n salt and pepper crusted Seabass.  Die slaai was radicchio met gemarineerde druiwe en gerookte burata.  Vir nagereg panna cotta en vars bessies. 
Ek het by myself gesit en dink; hierdie aand voel soos 'n klomp opgehoopte drome wat gelyk waar word.

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published